Overview
GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE, Huis Esperanza (Sluitingsdatum: 04 September 2026) Jobs in Bellville, Western Cape, South Africa at Badisa Charity
Title: GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE, Huis Esperanza (Sluitingsdatum: 04 September 2026)
Company: Badisa Charity
Location: Bellville, Western Cape, South Africa
Huis Esperanza (Strand) is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persoon word ingewag vir die pos as Geregistreerde Verpleegkundige (Suster).
Vereistes En Ondervinding
- Geregistreer wees by die SA Raad vir Verpleegkundiges (SANC)
- Goeie kennis oor die hantering van medikasie – CDU en blister verpakking
- Kennis en toepassing van geskeduleerde medikasie en kontrole daarvan
- Kennis van die fisiese- en mediese versorging van ouer persone
- Sterk leier-eienskappe met goeie menseverhoudings
- Vermoë om binne spanverband te funksioneer
- Verantwoordelike en gemotiveerde persoon
- Bereid wees om skofte te werk volgens diensrooster (Nag / Dag / Naweke / Publieke vakansiedae)
- Bestuurslisensie sal voordelig wees
Vergoeding sluit in ’n mediese- en aftree skema.
Sluitings datum vir aansoeke: 4 September 2026
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Aansoeke Moet Die Volgende Dokumentasie Insluit
- Volledige CV
- Drie kontakbare verwysings
- Gesertifiseerde afskrifte van:
- Kwalifikasies
- Identiteitsdokument
- Regsitrasie by SA Raad vir Verpleegkundiges (SANC)
Stuur Asb ‘n Volledige CV, Met Volledige Dokumentasie Aan
Isabel Barkhuysen / E-pos: [email protected]
Navrae: 021 854 7393